CQ HOU KOERS 20/10/2001



Die stasie ZSVT02 was deur Carlos ZS6AJW bedryf en bygestaan deur Eddie Ras ZR6RAS en Steve Smidt ZS6AWH.
Die stasie het vanaf Laerskool Silverton bedryf met die voortrekkerkommando JJ BOSMAN.

Die vorige aand was ons jakkalsjag, wat die penkoppe en drawertjies baie geniet het. Die jakkals was in Val de Grace en na ongeveer 40 minute het altwee spanne die jakkals gevind.

Saterdag was ons so ‘n bietjie laat met die opslaan nadat ons met toue op die veldmas gesukkel het. Nie teenstaande was ons een van die eerste stasies op, in ons omgewing.

Vroeg het die 20 m band goed ingekom en kon ons met verskeie stasies in Namibia gesels.

Dit was egter teleurstelend dat ons die hoofleier Piet Strauss se boodskap nie kon hoor nie aangesien 40m band baie sleg teen 10.00 was.

Teen 11.00 het die 40m band oopgemaak en kon ons groot dele van die land werk.

Die was tog verrasend dat ons wel met die scout’s kon kontak maak nadat ons verneem het dat daar nie veel sou gebeur het nie.

Intussen het Steve Smidt ZS6AWH se SATV begin rol en het dit die hele stasie se balangstelling oorgeneem.Die bedryf pas so reg in die verkenners se kraal. Wie wil nou a “date” oor die lug maak as jy haar of hom nie eers kan sien nie.
Die foto prentjies van die ander stasie het vir heelwat opwinding gesorg.

Ons projekte was al vroër in die week gebou en ‘n lang draad antenna was gou by die stasie opgesit. Verkenners het al die gewone kortgolf stasies opgevang en was baie in hulle skik om oorsese stasies te kan ontvang. Die regeneratiewe kortgolf radio gebou , was die wat in die nuutste ZS gebubliseer was.

Ongelukkig het daar ‘n koelerige wind gewaai en het ons ongeveer 13.00 opgepak.
 



 
 
 
 

BACK